Graad 1 voorbereiding hulpmiddels

Collections GrR1 Afr • Teacha

Graad 1 is ‘n opwindende tyd in ‘n kind se skoolopleiding en ‘n belangrike tyd in hul ontwikkeling. Dis wanneer kinders aan die wonderlike wêreld van geletterdheid bekendgestel word! Hulle leer om te lees en om meer onafhanklik te word.

Aangesien kleintjies so gretig is om nuwe dinge te verken en te leer, is dit ‘n goeie tyd om hulle voor te berei vir ‘groot skool’. Hierdie stimulerende hulpmiddels dek onderwerpe soos sigwoorde en klanke, om seker te maak dat jou leerders in ’n japtrap gereed is vir Graad 1. Wys hulle vroegtydig dat leer hope pret kan wees!