Graad 5 kwartaal 3 KABV hulpmiddels

Ons het hierdie KABV-belynde versameling gebundel om jou en jou studente voor te berei vir ‘n suksesvolle kwartaal 3. Dit sluit gebruiksgereed hulpmiddels in, van werkkaarte en projekte tot opsommings en hersienings. Ons het ook Engelse hulpmiddels gedek!
Afrikaans

Graad 5 Afrikaans Eerste Addisionele Taal kwartaal 3 projek
Description
Dit is nie nodig om senuweeagtig te wees oor die kwartaal 3 projek nie. Juffrou Anri is hier om te help!
Die oulike projek is mooi uiteengesit om die proses vir die leerder makliker en genotvol te maak.
Die projek bestaan uit die volgende (Taak 6 en 7):
-Navorsing
-Skryfstuk
-Mondeling
GENRE: DRAMA
SKRYFWERK: DIALOOG
MONDELING: ROLSPEL
Die projek word in PDF formaat gestuur.Wiskunde

Graad 5 Wiskunde Hersiening
Description
Graad 5 Wiskunde Hersiening Hersieningspakkie Memorandum ingesluit. 8 bladsye Bevat: Veelvoude, faktore, plus, minus, maal, deel, herleiding van breuke, ekwivalente breuke, van-somme, skryf van tyd in woorde en in digitale formaat, transformasies en identifisering van 2D-vorms.
Sosiale wetenskappe

Graad 5 Sosiale Wetenskappe Kwartaal 3 werkboekie (Geskiedenis en Geografie)
Description
Die leerdervriendelike werkboek bestaan uit opsommings en aktiwiteite gebaseer op die aangepaste ATP. Die inhoud van weke 1-10 word logies uiteengesit. Dit bevat 'n memorandum. Dit is slegs in PDF-formaat beskikbaar. Dit is ook in Engels beskikbaar. Juffrou Anri se Klaskamer

Sosiale Wetenskappe Graad 5 Aktiwiteitsboek Kwartaal 3
Description
Sosiale Wetenskappe Graad 5 Aktiwiteitsboek Kwartaal 3
Memorandum ingesluit
Geografie en geskiedenis.
Weer, klimaat en plante groei.
Antieke Egipte
Natuurwetenskap en tegnologie

Graad 5 Natuurwetenskappe kwartaal 3 werkboekie
Description
Die leerdervriendelike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite gebaseer op die aangepaste ATP. Week 1-10 se inhoud is logies uiteengesit. Dit bevat 'n memorandum. Dit is slegs in PDF formaat beskikbaar. Dit is ook in Engels beskikbaar. Juffrou Anri Se Klaskamer

Graad 5 Kwartaal 3 NW & Teg Opsomming
Description
Graad 5 Kwartaal 3 NW & Teg Opsomming Volgens die Platinum reeks - Gebergde energie in brandstowwe - Verbranding van brandstowwe - Veiligheid met vuur - Energie en elektrisiteit - Hoofstroomelektrisiteit - Veiligheid met elektrisiteit - Energie en beweging - Stelsels om dinge mee te beweeg
Lewensvaardighede

Graad 5 Lewensvaardigheid Werkstukke/Toetse met Memo's - Kwartaal 3
Description
Hierdie pakket sluit werkstukke in wat as toetse gebruik kan word vir hersiening oor die volgende onderwerpe vir Lewensvaardigheid vanuit die Platinum Handboek vir Graad 5: 1 Feeste en Gebruike in verskillende gelowe in Suid-Afrika 2 Veiligheidsmaatreëls by die huis en in die omgewing 3 Water is 'n belangrike basiese behoefte 4 Eet Gesond Elke onderwerp het werkstukke wat memo’s vir elke bladsy insluit. Ontwerp deur My Skool Goeters @ 2021.
Skeppende kunste

Graad 5 Skeppende Kunste (LV) kwartaal 3 werkboekie - Visuele Kunste + Uitvoerende Kunst
Description
Die leerdervriendelike werkboekie bestaan uit opsommings en aktiwiteite gebaseer op die aangepaste ATP. Week 1-10 se inhoud is logies uiteengesit.Die werkboekie bevat ook 'n formele assessering wat gebruik kan word. Dit bevat nie 'n memorandum nie omdat daar van die leerder verwag word om hulle eie ervarings te deel. Die boekie is in PDF formaat. Dit is ook in Engels beskikbaar. Juffrou Anri Se Klaskamer