Afrikaans EAT graad 7: Kwartaal 2 Volle pakket
Resource Description
Die pakket is beplan en ontwikkel volgens die KABV dokument. Dit bestaan uit ‘n leerderboek en ‘n onderwysersgids. Dit is nie op enige handboek gebasseer nie. Die leerderboek vervang dus die taalhandboek, maar leesboeke uit ander reekse moet nog steeds gebruik word om leesvaardigheid te oefen. Dit bestaan uit vyf tweeweeksiklusse en sluit ook alle formele take (assesserings) in. Die onderwysergids sluit die kwartaalbeplanning, werkskedule, memorandums vir informele sowel as formele aktiwiteite en ‘n item en foutontleding by toepaslike aktiwiteite in. Die onderwyser se beplanning is tot die minimum beperk. Die produk vergemaklik administratiewe werk en is baie gebruikersvriendelik. Dit is baie geskik vir tuisonderrig. Beide die leerderboek en die onderwysersgids bestaan uit 60 – 80 bladsye. Al vier die vaardighede: Luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied asook taalstruktuur en -konvensies word in elke tweewekesiklus behandel. Pakket is saamgestel volgens normale onderrig- en assesseringsprogramme asook COVID-19 aangepaste programme.
R322.00
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.