Gewone breuke PowerPoint (slideshow)
R69.00
Use, by you or one client, in a single end product which end users are not charged for. The total price includes the item price and a buyer fee.
Resource Description
Gewone breuke kan vir baie leerders uitdagend wees. Met hierdie PowerPoint skyfievertoning word basiese konsepte van gewone breuke kortliks, maar ook deeglik, verduidelik. Leerders word van die begin af mooi verduidelik wat ‘n teller en noemer is en wat elkeen se doel is.
Dit is geskik vir graad 4 – 7 leerders en kan baie suksesvol in ‘n klas-situasie aangewend word. Leerders kan tuis ook baie baat by hierdie skyfievertoning. Alles word baie mooi verduidelik met eenvoudige diagrammatiese voorstellings en basiese reëls word duidelik gestel sodat dit met gemak toegepas kan word.
Die skyfies volg mooi op mekaar en die komponente in elke skyfie is ook gekoppel aan animasie wat met ‘n “clicker” of selfs net die spasiebalk van die sletelbord geaktiveer word. Visuele aanbieding maak Wiskunde soveel meer interessant en help leerders om mooi te volg wanneer konsepte verduidelik word.
Daar is geen klank in hierdie PowerPoint gebruik nie, aangesien die fasiliteerder elke skyfie se inhoud met gemak en in hul eie woorde kan aanbied. Teks-verduidelikings is ook ingevoeg.
Daar gaan baie ure in die voorbereiding van een PowerPoint-aanbieding in, dus mag hierdie PowerPoint nie herverkoop word of aangestuur word sonder my toestemming nie. Goeie integriteit is aan die orde van die dag.
Die PDF word ook ingesluit indien u graag die skyfies as opsommings wil druk vir u leerders.
Groete,
Jurene Kemp