My Graad 1 Begripstoets boekie Kwartaal 3 (2025)
R40.25
Resource Description
Hierdie boekie is ontwerp om jong leerders se leesbegripvaardighede doelbewus te ontwikkel deur betekenisvolle stories en begeleide leesaktiwiteite. Dit fokus op die versterking van hul vermoë om nie net te lees nie, maar ook om die inhoud van tekste te verstaan, te interpreteer en daarop te reageer.
Deur die aktiwiteite in hierdie boekie te voltooi, sal leerders in staat wees om:
- Lees met begrip aan te leer en toepaslik toe te pas.
- Sleutelinligting en gebeure in stories te identifiseer.
- Kennis van die inhoud van ‘n teks te gebruik om vrae oor die storie te beantwoord.
- Hul begrip van karakters, plekke en gebeurtenisse te wys deur eenvoudige vrae en antwoorde.
- Hul luister- en leesvaardighede te verbeter deur aktiewe deelname aan begripsleesaktiwiteite.
Hierdie boekie bied ‘n stewige grondslag vir akademiese leesvaardighede en bevorder leerders se selfvertroue om met insig en belangstelling te lees.