My Graad 2 Klanke Boekie Kwartaal 3 (2025)
R40.25
Resource Description
Die klankeboekie bied gestruktureerde oefeninge wat leerders help om hul fonologiese bewustheid verder te ontwikkel. Dit fokus op die uitbreiding van klankkennis en -gebruik binne betekenisvolle taalaktiwiteite.
Deur die voltooiing van hierdie aktiwiteite sal leerders:
- Beginklanke en tweeklanke herken en korrek gebruik in die vorming van woorde.
- Woordfamilies en rymwoorde identifiseer, sorteer en sinvol toepas.
- Tweeletter- en drieletterkombinasies herken, groepeer, neerskryf en funksioneel in sinne en stories gebruik.
Hierdie leerder-vriendelike benadering versterk klankpatrone, verbeter leesbegrip en ondersteun geskrewe taalvaardighede in ‘n prettige en toeganklike formaat.