Gratis grondslagfase hulpmiddels vir onnies

Op soek na gratis drukbare grondslagfase hulpmiddels? Hier is ‘n paar wat jy sommer gou-gou kan aflaai! Plus dis super-oulik en sal jou sommer baie tyd spaar!

Verjaarsdae
Description
Mondvol Afrikaans se dierekaraktertjies kry nou die geleentheid om gratis deel te raak van jou klaskamer. Verjaarsdae is spesiaal en moet ook so gevier word. Hierdie verjaarsdagmaande gee die spelling van die maand en die hoeveelheid dae. Daar is plek vir 5 name per plakkaat as jy die templaat gebruik. Post gerus 'n foto hiervan op ons Facebook bladsy: Afrikaanse Plakkate.

Klasreëls/Class Rules
Description
Klasreëls/-riglyne Druk hierdie gratis klasreëls om as muurprente of leeskaarte te gebruik. Dit sluit basiese riglyne vir die badkamer in. Class rules/guidelines Use these sheets as posters or as reading sheets. The class rules include includes a few guidelines for the use of the bathroom as well.

Gratis Afrikaanse Motiverende Muurkaarte | Motiverende Plakkate FREE
Description
Versier jou klaskamer met hierdie sewe motiverende muurkaarte. Die Afrikaanse plakkate het n vrolike reënboog kolletjie tema. Hierdie plakkate is perfek vir grondslag- of intermediêre fase klaskamers. Ek hoop jy geniet hierdie "freebie" ! Geskep deur My Panda Media

Vingerspasie Sjabloon
Description
Sukkel jou Graad 1's of kind om hulle hoofletters, vingerspasies en punte te onthou. Hierdie sjabloon sal hulle help. Op die handjie tik jy as mamma of juffrou hulle name en onder hulle name is drie punte. Hierdie punte is as volg: Hoofletter, Vingerspasie, Punt. Hulle moet terwyl hulle, hulle sinne skryf altyd seker maak dat hulle sin met 'n hoofletter begin, dat daar vingerspasies tussen hulle woorde is en dat hulle sin eindig met 'n punt. Print hierdie sjabloon op kleurpapier en lamineer dit vir langer gebruik. AB-Tutoring

GRATIS Speletjies Bord - reg om te druk A4 PDF
Description
Gratis prettige Speletjies bord produk vir u eie klaskamer of tuis speletjies. Reg om uit te druk A4 PDF vir klaskamer of tuis gebruik deur leerders. Die uitdruk is in Afrikaans en is geskik vir Graad R tot 3. Met komplimente van Netwerk Plus