VKO Kwartaal 1 hulpmiddels

Kleintjies het soveel energie! As jy opsoek is na ‘n paar idees om hulle geïntereseerd en aandagtig te hou, het ons net die versameling vir jou! Dis propvol VKO Kwartaal 1 hulpmiddels vir jou leerders, en perfek om jou kleinspan te inspireer en te stimuleer.
Ons het ook Engelse VKO hulpmiddels beskikbaar.
Beplanning

Dagboek 2022 / Dagbeplanner / Jaarbeplanner
Description
Hierdie pdf dokument bestaan uit 'n 396 bladsy 2022 dagboek. 1 dag per bladsye, behalwe Saterdae en Sondae. Kwartaaldatums en publieke vakansiedae word aangedui. Plek vir jou persoonlike rooster en diensroosters per kwartaal. Vorms vir CPTD punte en kontak met ouers. Verskeie opsies vir voorblaaie is ingesluit

AFRIKAANS - Enkelklanke - MP3 ALFABETLIEDJIES & GIDS - Pretletters met musiek
Description
Dit is so belangrik, dat leerdertjies se eerste kennismaking met letters en klanke ’n pret ervaring moet wees, om hulle sodoende positief in te stel rondom lees. Daar is 26 alfabetliedjies. Die MP3 Audio - alfabetliedjies, is aflaaibaar en kan met sagteware & rekenaarvaardigheid oorgelaai word op 'n CD. Die GIDS het al die liedjies se woorde en lesbeplanning vir elke letter van die alfabet. In die GIDS is daar ook oulike idees hoe om die sintuie te gebruik om die lessie meer pret te maak. GIDS: Voorbeeld van ‘n les (B vir borrels). Liedjie: Ons blaas borrels.x2 Dit is pret.x2 B-b-b vir borrels. Bennie beer blaas borrels. Dit is pret.x2 LESBEPLANNING: Opvoeder neem leerders na buite en blaas borrels. Die liedjie word aangeleer terwyl die opvoeder vir die leerders die prent wys van Bennie beer wat borrels blaas. Hul vorm met hul linkerhande die letter “b” wanneer hul sing: “Dit is pret.” PRET: Fantasie spel: 'n B partytjie vir Bennie beer met blou balonne en blaasborrels. SINTUIE: Tassintuig aktiwiteite: Doen die letter in die inkleurboeke met blou en bruin vingerverf. Die letter kan ook met speelklei gevorm word.
- This richly filled, FUN-to-use BILINGUAL Phonics Program is also available in English: FUN LETTERS WITH MUSIC
Aktiwiteite en Assesserings

Graad R Basislyn Assessering en Gids PDF AFR
Description
Hierdie Assesserings Pakket bestaan uit 35bl asook n Gids Pakket vir die onderwyser of Ouer. Hierdie Pakket is geskik vir Graad R leerlinge. FYN MOTORIESE KOÖRDINASIE KNIP VAARDIGHEID OUDITIEWE PERSEPIE TAALONTWIKKELING VISUELE PERSEPSIE WISKUNDE GROOT MOTORIESE ONTWIKKELING

My Graad RR boekie
Description
100 Bladsye kwaliteit werk wat die volgende insluit: 1. Ek ken primêre en sekondêre kleure 2. Ek kan tot by 10 tel 3. Herken syfers tot by 5 4. Hou jou potlood reg vas 5. Ken liggaamsdele 6. Ek ken vorms 7. Nateken van vorms 8. Patrone van 2 9. Ek kan met ‘n skêr knip 10. Ek kan volledige sinne praat 11. Spreek klanke korrek uit 12. Identifiseer die verskille 13. Ek kan gom reg gebruik 14. Ek kan ‘n legkaart bou 15. Ek kan my naam skryf 16. Regs en links 17. Teken van basiese mannetjies 18. Ek kan inkleur 19. Ek kan 2 opdragte na mekaar uitvoer 20. Posisie in ruimte Hierdie boekie sluit ook pragtige kleur plakkate in.

Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram- Knipvaardigheid en fynmotoriese aktiwiteite.
Description
Opsoek na aktiwiteite om fynmotoriese vaardighede in die klaskamer te bevorder? Die Fynmotoriese Ontwikkelingsprogram, saamgestel deur 'n arbeidsterapeut, sluit die Knipvaardigheid Aktiwiteits-en Vlytige Vingers-hulpmiddels vir die ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede in. ‘n Wye verskeidenheid gegradeerde aktiwiteite is ingesluit in die Knipvaardigheids-hulpmiddel. Knipoefeninge speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die korrekte potloodgreep. Knip is ‘n maklike en prettige manier om die handspiere, wat vir die skryfproses benodig word, te oefen. Ons gebruik dieselfde spiere en vingers (duim, wys- en middelvinger) vir beide skryf en knip. Aktiwiteite wat in die hulpmiddel ingesluit is kan maklik in groepsverband aangebied word. Ingesluit by hierdie program is 37 drukbare bladsye met aktiwiteite, riglyne vir skêrhantering, skêrgreep en die ontwikkeling van knipvaardighede. Die Vlytige Vingers-hulpmiddel sluit 'n reeks fynmotoriese aktiwiteite in, wat spesifiek gemik is op die versterking van die radiale vingers, ten einde potloodbeheer en 'n dinamiese potloodgreep te ondersteun. Aktiwiteite en video’s met instruksies is onmiddellik na aankope beskikbaar om afgelaai te word. Aanbieding is pret, maklik om in groepsverband of individueel toe te pas. Mag gekopieer word vir gebruik in die klaskamer. Hierdie pakket is ook in Engels beskikbaar.
Klaskamer dekor

RAGG DOLLS CLASSROOM DECOR / KLASKAMER DEKOR (Tweetalig / Bilingual)
Description
This package includes the following at a special discounted rate if you purchase the full décor package. Hierdie pakket sluit die volgende in teen 'n spesiale afslag tarief indien u die hele dekor pakket neem. 1. Weerkaart / Weather Poster 2. Klasreëls / Class Rules 3. Maande van die Jaar / Months of the Year 4. Dae van die Week / Days of the Week 5. 2D Vorms / 2D Shapes 6. 3D Vorms / 3D Shapes 7. Vrugte / Fruit 8. Groente / Vegetables 9. Emosies / Emotions 10. Kleure / Colours 11. My Liggaam / My Body 12. Seisoene / Seasons 13. Alfabet Vlaggies / Alphabet Flags 14. Getalle / Numbers (1 - 10)