Intervensie, remediëring, en terapie hulpmiddels

As onderwyser wil jy sien dat al jou leerders sukses behaal. Maar soms het kinders net ‘n bietjie ekstra sorg en aanmoediging nodig om hul volle potensiaal te bereik.
Hierdie versameling is ideaal vir jong leerders wat addisionele ondersteuning benodig. Dit bied ‘n holistiese benadering tot intervensie en remediërende werk, en sluit hulpmiddels in wat kinders in die klaskamer, by die huis, en in terapie kan gebruik.

Visuele Oefeninge/Visual Activities
Description
Visuele Oefeninge: Voorgrond/Agtergrond Unieke werksvelle om een-een te gebruik of as 'n boekie te bind. Gebruik hierdie perseptuele ontwikkelings velle tydens vasleggings werk of tydens intervensie klasse. Visual Activities: Figure-Ground Perception Bind the respective sheets into a booklet or use them as loose worksheets. Use these perceptual development activities during regular class time or during intervention lessions. [p.50+]

Knipvaardigheid-aktiwiteite
Description
Opsoek na aktiwiteite om knipvaardighede in die klaskamer te bevorder? n Wye verskeidenheid gegradeerde aktiwiteite is ingesluit in die Knipvaardigheids-hulpmiddel. Knipoefeninge speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die korrekte potloodgreep. Knip is ‘n maklike en prettige manier om die handspiere, wat vir die skryfproses benodig word, te oefen. Ons gebruik dieselfde spiere en vingers (duim, wys- en middelvinger) vir beide skryf en knip. Ingesluit by hierdie program is 37 drukbare bladsye met aktiwiteite, riglyne vir skêrhantering, skêrgreep en die ontwikkeling van knipvaardighede. Aktiwiteite wat in die hulpmiddel ingesluit is kan maklik in groepsverband aangebied word. Die aktiwiteite mag gekopieer word vir gebruik in die klaskamer. Hierdie produk is ook in Engels beskikbaar.

SPEEL MET KLEI - TERAPIE AKTIWITEITE EN TUISPROGRAM VIR KINDERS WAT HAKKEL
Description
Wat hierdie program behels: Hierdie is ‘n interaktiewe program wat tydens terapie asook tuis gebruik kan word om die kind wat hakkel te help. Dit verduidelik eerstens wat hakkel is en watter tipe onvlothede in spraak kan voor kom, strategieë wat gebruik kan word, en dan sluit dit ook aktiwiteite in om dié strategieë wat gegee is te oefen. Laastens sluit dit aktiwiteite in vir negatiewe gevoelens wat ‘n kind mag ervaar teenoor verbale kommunikasie.

Afrikaans Remediëring Konsonant-Kombinasies Bondel
Description
Hierdie produk bevat 3 programme in een: - konsonant-kombinasies met r (kr-, vr-, gr-, br-, dr-, kr-, tr-) - konsonant-kombinasies met s (sl-, st-, sp-, sn-, sw-, sk-) - konsonant-kombinasies met s (sl-, vl-, gl-, bl-, pl-, kl-) Elke afdeling het werkkaarte waarop oefeninge vir die vaslegging van bg klanke gedoen word Daar is altesaam 43 werkkaarte. Die 3 programme kan ook apart aangekoop word - die bondelprys is egter meer ekonomies!

Klankomruiling: Remediërende aktiwiteite vir b/d verwarring (Video en werksvelle kombinasie)
Description
Die ’b’ en ’d’- klankprogram is saamgestel deur 'n arbeidsterapeut met die fokus op klankvorming, asook visuele en ouditiewe persepsie-oefeninge om ’b’ en ’d’-verwarring en omkerings te voorkom. Die strokiesprent- video demonstreer ’n 3-stap strategie wat die leerder moet toepas elke keer wanneer ’n ’b’ of ’d’ klankie geskryf word. Die korrekte begin en vorming van klanke, sal ook bydra om klankomkering by grondslagfaseleerders te voorkom of te verminder. Die ’b’ en’d’-hulpmiddel om verwarring uit te skakel: Die program fokus op die aanleer van korrekte klankvorming deur middel van ‘n video/aanbieding en werkvelle vir vaslegging. Die program kan deur ouers, terapeute en opvoeders benut word as deel van die onderrigproses, vaslegging tuis of terapie. Die produk sluit die volgende in: Video opname vir die leerder Werksvelle Kleimatte Persepsuele en ouditiewe aktiwiteite. Muurkaarte vir klaskamer Beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.

Afr Fonologiese Bewustheid IDENTIFIKASIE van die LAASTE klank. OOK teleterapie
Description
Identifikasie van die laaste klank
Ingesluit:
- 1 groot reënboog
-9 kleiner reënboog-kaartjies met 2 prentjies wat met dieselfde konsonant eindig. (klok + slak, pot + kat, pikkewyn + dolfyn, uil + wiel, skaap + krap, beer + mier, muis + vis, vliegtuig + vlag
-3 leë reënboogkaartjies
-Tuisprogram (1 bladsy)
-Skakel na aktiwiteit vir teleterapie in Google Slides (bladsy 3)
-
Hoe om hierdie pakket te gebruik:
-Druk, lamineer, knip uit
-Knip die 2 kante van die 10 klein reënboogkaartjies los van mekaar.
-Teleterapie
Aktiwiteit 1 (Groot reënboog)
Opleiding vir die identifikasie van die laaste klank
-Die wolkie aan die linkerkant van die reënboog is die eerste klank van die woord. Sit jou vinger op daardie wolkie.
-Beweeg jou vinger na die die wolkie aan die regterkant terwyl jy die woord sê. Wanneer jy die laaste klank van die woord sê, sal jou vinger op die wolkie aan die regterkant wees.
Aktiwiteit 2 (18 klein reënboogkaartjies met prente)
Die kind moet die linker en regter wolkies by mekaar pas op grond van ooreenstemmende laaste klanke.