Gratis hulpmiddels vir nuutgekwalifiseerde onnies

Nuutgekwalifiseerde onderwysers, ons wil seker maak jy’t al die ondersteuning wat jy benodig om jou onderwysloopbaan met ‘n vaart te kan wegspring. Bespaar tyd en geld met ‘n hele versameling gratis onderrighulpmiddels, net vir jou!
Vind nuttige idees vir lesbeplanning, en lyk soos ‘n pro in die proses! Daar’s ‘n wye verskeidenheid hulpmiddels vir jou en jou studente, van klaskamerbestuur en admin, tot prettige aktiwiteite en dekor. Hierdie gratis hulpmiddels kan ook gebruik word as terug-skool-toe aktiwiteite.
As jy op soek is na Engelse hulpmiddels vir nuutgekwalifiseerde onnies, kan jy dit hier vind. Vind meer gratis hulpmiddels hier.
Aktiwiteite

GRATIS Speletjies Bord - reg om te druk A4 PDF
Description
Gratis prettige Speletjies bord produk vir u eie klaskamer of tuis speletjies. Reg om uit te druk A4 PDF vir klaskamer of tuis gebruik deur leerders. Die uitdruk is in Afrikaans en is geskik vir Graad R tot 3. Met komplimente van Netwerk Plus
Dekor

Welkom sirkels GRATIS
Description
Vir die beste resultate druk op A4 karton. Lamineer en sny die ‘welkom’ sirkels uit. Ek hoop jy geniet hierdie 'freebie'. Gee asseblief terugvoering in my winkel. Hierdie produk is deel van my 'Geometriese klaskamer dekor tema'. Jy kan die bypassende dekor in my winkel vind. Hierdie produk is slegs vir persoonlike, enkelklaskamergebruik. Jy mag nie die inhoud van hierdie lêer verkoop, deel of herverdeel nie. Mrs R's Classroom Resources
Klaskamerbestuur

Klasreëls/Class Rules
Description
Klasreëls/-riglyne Druk hierdie gratis klasreëls om as muurprente of leeskaarte te gebruik. Dit sluit basiese riglyne vir die badkamer in. Class rules/guidelines Use these sheets as posters or as reading sheets. The class rules include includes a few guidelines for the use of the bathroom as well.

Dissipline Speletjie Gratis
Description
Speletjie om dissipline in klas te probeer handhaaf. Gebruik sterretjies of kolle om punte op puntebord toe te ken. Reëls vir speletjie aangeheg en plek onder op telbord om verskillende klasse se name op te skryf. Kinder neem deel aan opstel van reëls vir die klas.
Admin

Gratis Voorblaaie Freebie! (Afrikaans & Engels ingesluit)
Description
Die volgende voorblaaie is beskikbaar in hierdie "FREEBIE" vir leerders om dit sommer self in die klas te kan inkleur: 1. Afrikaans 2. Engels 3. Natuurwetenskap en Tegnologie 4. Natuurwetenskap 5. Tegnologie 6. Geskiedenis 7. Geografie 8. Assessering 9. Wiskunde 10. EBW 11. Lewensvaardigheid 12. Lewenswetenskap Ontwerp deur My Skool Goeters @ 2022. My School Stuff / My Skool Goeters