R51.75

Resource Description

Ingesluit: roosters vir alle graad 1 klanke
 
Hoe verbeter’ n vlotheids-rooster lees-vlotheid?
 
Navorsing dui aan dat een van die heel beste maniere hoe vlotheid verbeter word, is deur HERHAALDE lees. Herhaalde lees ondersteun die proses van ortografiese kartering wat lei tot die toevoeging van woorde tot sigwoordeskat (dus outomatiese lees). Dit verbeter dus die vlotheid van die lees op WOORDVLAK.
 
Wat is ‘n vlotheids-rooster?
 
Dit behels ‘n klein groepie verwante woorde wat HERHAALDELIK gelees word.
 
Hoe word ‘n vlotheids-rooster gebruik?
 
Die woorde word van links na regs gelees. Die roosters is so opgestel dat dit woorde bevat volgens ‘n spesifieke klank wat aangeleer word.
Klank-ver-klank lees is aanvaarbaar indien dit die manier is waarop die kind lees. Herhaalde lees moet die frekwensie van klanklees egter verminder.

Resource Reviews

Store reviews: ( 76 ratings )

No ratings have been submitted for this resource yet.