VOO Kwartaal 3 Hulpmiddels

As onderwyser wil jy net die beste vir jou leerders hê, maar om oorwerk te word, kan tot uitbranding lei. Daarom moet jy slimmer werk, nie harder nie. Ons het hierdie briljante versameling VOO Kwartaal 3 hulpmiddels saamgestel, met ‘n reeks vakke vir jou Graad 10-12 studente, sodat hulle al die oefening kry wat hulle nodig het vir kwartaal 3 en jy ‘n welverdiende blaaskans kry! Jy kan ook Engelse hulpmiddels hier vind
Grade 10

Luistertoets: Paddastoele wat in die donker gloei (Afrikaans HT en EAT graad 8-10)
Description
'n KABV-gerigte luistertoets. Ideaal vir Afrikaans HT en Afrikaans EAT graad 8-10. Kan vir assesseringsdoeleindes gebruik word. ONDERWERP: Paddastoele wat in die donker gloei PUNTE: 10 TYD: 30 minute Word-dokument kan aangepas word volgens jou leerders se behoeftes.

Gr 10 Algebraiese uitdrukkings
Description
Hierdie boekie bestaan uit 9 oefeninge. Oefening 1 : Hersiening van Gr. 9 werk Oefening 2: Produkte van tweeterme Oefening 3: Produkte van tweeterme and drieterme Oefening 4: Faktorisering – Gemeenskaplike faktoor & groepering Oefening 5: Faktorisering – Verskil van twee vierkante Oefening 6: Faktorisering – Kwadratiese drieterme Oefening 7: Faktorisering – Verskil en som van twee derdemagte Oefening 8: Faktorisering – Gemengde vrae Oefening 9: Algebraiese Breuke Boekie is geskik vir huiswerk aktiwiteite, addisionele oefening, hersienings oefening en/of toets/eksamen voorbereiding. Vrae moet sonder die gebruik van a sakrekenaar voltooi word. Memorandum is ingesluit. (boekie is 8 bladsye, sonder memorandum).

Lewenswetenskappe Graad 10 Biosfeer tot Ekosisteme Opsommings
Description
Volledige opsommings met illustrasies oor die volgende: 1. Biosfeer en Biome 2. Omgewing en Ekosisteme 3. Abiotiese en Biotiese Faktore Volledige notas, met illustrasies in kleur. Dit is maklik om te volg vir leerder. Kan gebruik word in die klaskamer. Opgestel volgens KABV dokument en ATP dokument.
Grade 11

Gedig: Strelitzia deur Annie Klopper
Description
Die volgende dokumente bevat gedetailleerde vertalings en notas (analise) van die gedig: Strelitzia deur Annie Klopper. Die gedig is in tabel formaat waar elke versreël vertaal, verduidelik en geanaliseer word met Engelse vertaling waar nodig. Ek sluit ‘n .word en .pdf formaat dokument in sodat jy die notas kan aanpas of die formaat daarvan verander as jy sou wou.

Graad 11 Afrikaans HT Gedigte Ontledings (IEB) Noted
Description
Hierdie produk bevat ontledings van 12 gedigte in die Afrikaanse HT vir graad 11 (IEB-kurrikulum) met duidelike uiteensettings, betekenisse en bygevoegde notas deur die opsteller (eksterne party).
- Die Berggans het 'n veer laat val
- Verskroeide Aarde
- Die reus van IBM
- Die gebreekte snaar
- Blou Aarde
- Versagtende omstandighede
- Die dans van die reën
- Behoefte aan ongunstige weers-en ander omstandighede
- 'n Tipe Epistemologie van water
- Edms. Bpk
- Mapungubwe 1
- Lied van die kinders

BTW & WVF
Description
Doel van die les:
- Die verskil tussen bedrae met BTW ingesluit en bedrae met BTW uitgesluit te verstaan.
- Ondersoek kan instel om te bepaal hoe ‘n finale prys bepaal word, deur 15% BTW by ‘n bedrag met BTW uitgesluit te voeg.
- Die hoeveelheid BTW wat by ‘n bedrag wat BTW insluit gesit is, kan bereken.
- Ondersoek hoe WVF bedrae as ‘n persentasie van die bruto inkomste bereken word.

Gaswisseling by die mens
Description
Die les sluit 'n PowerPoint & PDF dokument oor Gaswisseling by die mens: Die les sluit die volgende in:
- Struktuur, ligging, funksionering en aanpassings van die ventilasiestelsel.
- Die ventilasie/asemhalingstelsel by die mens bestaan uit die volgende:
- neusholtes
- tragea
- twee brongi ( brongusse)
- talle brongioli
- twee longe
- asemhalingspiere
- Die ventilasie/asemhalingstelsel by die mens bestaan uit die volgende:
Grade 12

Graad 12 Afrikaan EAT/FAL: Gedigtetoets (Skryfportefeulje)
Description
Die toets is opgestel vir die SBA Skryfportefeulje. Twee voorbereide gedigte: "Sondagaande"- Fanie Viljoen en "Die wêreld het so klein geword"- Alta Marincowitz word geassesseer vir 10 punte elk. Een onvoorbereide gedig: "Eksamenlokaal"- Suzaan Laing word geassesseer vir 10 punte. Die totaal van die toets is 30 punte. 'n Verskeidenheid vrae word gevra - inlyn met die IEB standaard. Die dokument word in Word formaat gekoop sodat die koper die vraestel kan aanpas volgens die skool se vereiste. Nasienriglyne word ook ingesluit waarvolgens die toets gemerk word.

2023 – KWARTAAL 3 – GRAAD 12 – WISKUNDIGE GELETTERDHEID – VRAESTEL 1 & 2
Description
SPLINTERNUWE ASSESSERINGS.
OOK BESKIKBAAR AS HULPBRONNE OP ASSESSMENT911 VANAF 12 JULIE 2023.
Al die vergelykings, sketse, tekeninge en diagramme is geskep in MSWord en is volledig en maklik om te redigeer (deur enigiemand) - dit verseker dat die assessering aanpasbaar is vir toekomstige gebruik.
STRENG OPGESTEL VOLGENS KABV ONDERWERPE.
SLUIT IN:
· 'n Volledige nasienriglyn.
· Opsomming van kognitiewe vlakke.
KONTROLETOETSE & EKSAMENS is heeltemal OORSPRONKLIK, van HOË STANDAARD en volg die Graad 12 formaat om leerders te begin voorberei vir die NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) EKSAMEN.